Durban –

[caption id="attachment_113810" align="alignnone" width="600"]Foto: News24 Foto: News24[/caption]

Die man was glo in die silo toe die lemme van ’n staal-skroefawegaar geaktiveer en hy ingetrek en vergruis is.

Lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid het meer as sewe uur gesukkel om die liggaam op ’n hoogte van 15 m uit die silo te kry. Die silo moes heeltemal uitmekaargehaal word en die elektrisiteit is ook afgeskakel.

Traumaberaders is na die toneel ontbied om fabriekswerkers by te staan wat ten tyde van die ongeluk gewerk het.

Maj. Thulani Zwane, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê speurders sal dit ondersoek.

Bron: News24