Sy het gister ’n oulike video op die sosiale netwerk Instagram gedeel wat wys hoe haar kleinding ’n “spesiale oggend-skoppie gee”.

Dunay tel behoorlik die dae af tot haar kleinding se geboorte in November. En pa Kurt kan duidelik ook nie wag om sy prinsessie te ontmoet nie. Die kleinding het klaar haar pa se hart gesteel. Dunay het verlede week ’n foto van ’n oulike pienk Hard Rock Cafe-T-hemp gedeel wat Kurt vir hul baba gekoop het. “Kyk wat koop Kurt daar in Holland vir sy prinses . . . SO oulik!!!” het sy laat hoor.

Sy het ook verlede maand ’n foto van ’n klomp babaklere gedeel en toe vertel: “Soveel mense wat ons prinses bederf en dan kan hierdie mamma, pappa en ons vriende en familie ook nie ophou shop nie ha ha.” Sjoe, dit lyk of die kleinding mos sommer lekker bederf gaan word. Ons kan nie wag om haar te ontmoet nie!

[post-slider]