Dit gebeur net een keer per jaar. Op daardie dag word jy gevra om tyd af te knyp om iemand anders se hart te verbly. En jy hoef nie eens die hele dag daaraan te wy nie, net 67 minute.

Ja, dis amper weer tyd vir Internasionale Mandeladag en vanjaar hoop die organiseerders die weldade van 18 Julie sal van nog groter liefde en begrip getuig as in die vorige jare.

So wil Dunay help:

Mev. Darren, Dunay,wil die moeder van alle pajamapartytjies hou. Sy sal sowat 10 minderbevoorregte meisies op hul plaas buite Naboomspruit in Limpopo onthaal en hulle behoorlik pamperlang.

Die partytjie word die aand van 11 Julie gehou, kort voor die amptelike Mandeladag-viering.

Die meisies wat vir die pretgeleentheid gekies word, sal by Kurt en Dunay se plaashuis oornag waar hulle ’n mooimaaksessie met komplimente van Nimue Skin Technology sal kry.

As jy enige meisies in die Pretoria- omgewing ken wat jy graag vir die geleentheid wil benoem, stuur hul besonderhede en die redes waarom jy dink hulle moet wen na Inge@media24.com. Die wenners sal in ’n trekking aangewys word.

Volg Huisgenoot op Twitter.