’n Man in Duitsland het die ongewone titel van “slegste buurman” gekry.

Die man, net bekend as Gunter D, het glo die vrede in sy plaaslike buurt versteur deur kaal rond te hardloop, muwwerige brood in posbusse te stop en in potplante te urineer, berig die Duitse poniekoerant Bild.

’n Buurvrou, Dagmar Schuck, beweer hy teister haar gereeld met telefoonoproepe.

“Net in Januarie het hy my 284 keer gebel,” het sy gesê.

Gunter kom binnekort in die hof voor op ’n klag van rusverstoring, saakbeskadiging en weens dreigemente teenoor bure. Hy ontken al die aanklagte.

“Ek het niks gedoen of enigiemand omgekrap nie,” hou hy vol.

- Bang Showbiz