[caption id="attachment_129254" align="alignnone" width="600"]Annatjie Myburgh (58) saam met haar dogter, Marlize Rossouw op haar troudag. Foto: Verskaf Annatjie Myburgh (58) saam met haar dogter, Marlize Rossouw op haar troudag. Foto: Verskaf[/caption]

Myburgh is Woensdag omstreeks 07:00 by haar kleinhoewe weg werk toe. Toe sy nie opdaag nie, het haar kollegas haar man, Wendell, gebel.

Marlize het Dinsdagmiddag die laaste keer met haar ma gepraat. “Die vrees wat ons ervaar omdat ons nie weet wat aangaan of nie aangaan nie, is baie erg. Ek sal dit nie eens vir my grootste vyand toewens nie; dit is verskriklik,” het sy Vrydagmiddag gesê.

Lees ook: Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool

Dit is baie moeilik vir haar, haar broer, Wendell jr. (34), en hul pa (62). “My pa en ma het alles saam gedoen.”

Kapt. Pottie Potgieter, hoof van die polisie se reddings- en duikeenheid op Witrivier en bevelvoerder van die gesamentlike operasiesentrum wat begin is om die soektog na Annatjie te koördineer, sê daar was Donderdag ’n intensiewe soektog waarby meer as 60 voertuie en meer as 130 mense betrokke was. “Ons was op elke hoofroete en grondpad in die Laeveld.”

[caption id="attachment_129255" align="alignnone" width="600"]Annatjie Myburgh (derde van links) saam met Charmain Myburgh (skoondogter), Wendell Myburgh (seun), Wendell Myburgh (man), Marlize Rossouw (dogter) en Dawie Rossouw (skoonseun). Foto: Verskaf Annatjie Myburgh (derde van links) saam met Charmain Myburgh (skoondogter), Wendell Myburgh (seun), Wendell Myburgh (man), Marlize Rossouw (dogter) en Dawie Rossouw (skoonseun). Foto: Verskaf[/caption]

’n Beloning van R30 000, wat deur die familie en publiek ingesamel is, word aangebied.

“Ons het vandag weer by Klipkoppie-dam geduik, maar niks gevind nie,” het Pottie Vrydagmiddag gesê. “Ons vermoed sy is oorlede. Dis moeilik, want daar is geen leidrade nie en niemand het enigiets sien gebeur nie.”

Lees ook: Ooggetuies beskryf hoe voortvlugtige pa vasgetrek is ná 6 maande oue baba sterf

Wendell jr. se eerste kind, Annatjie se eerste kleinkind, is op 25 April vanjaar gebore, drie dae voor haar verjaardag.

Marlize sê die familie en ander betrokkenes waardeer die gemeenskap se hulp baie, dat almal bereid is om te gee en te help. “Dit is wonderlik, selfs onder hierdie omstandighede, hoe almal help.

“Dit is wonderlik, selfs onder hierdie omstandighede, hoe almal help. Die laaste keer wat ek gehoor het, het tussen 2 000 en 3 000 mense help soek."

Marlize bly moedig. “Die Here het ’n doel met alles, al verstaan ons nie sy doel nie,” sê sy.