Duisende internetgebruikers het ’n petisie onderteken om die YouTube-vlogger Eugenia Cooney tydelik te verbied oor haar “ernstige ondergewigtoestand”.

Volgens die petisie op change.org is die doel nie om haar te “ontstel, beledig of verkleineer” nie; inteendeel, die redenasie was dat Eugenia se voorkoms ’n slegte voorbeeld kon stel vir haar meer as 900 000 intekenaars op YouTube, van wie die meeste blykbaar tieners is. "Haar doel is miskien nie om haar kykers te beïnvloed nie, maar sy wys meer as die helfte van haar liggaam haar videos en die foto’s help nie meisies met anoreksie of enige ander eetsteuring nie. "Eugenia stel ’n slegte voorbeeld vir haar volgelinge, bewonderaars en vriendinne. Sowat 18 000 mense het die petisie onderteken voor dit onlangs verwyder is.

"Asseblief, Eugenia, kry hulp. Ons is lief vir jou en kan sien jy is nie oukei nie; jy kan doodgaan van ontwatering of verhongering. Kry asseblief net hulp,” was die kommentaar van ’n gebruiker op een van haar plasings op Instagram.

"Anoreksie is nie ’n verdomde modebykomstigheid nie,” het die kommentaar van ’n ander ontstoke gebruiker gelui. "Kry asseblief hulp. Die feit dat die sosiale media, soos Instagram en . . . YouTube, jou steeds toelaat om video’s en foto’s van jouself, in die toestand waarin jy is, op te laai omdat hulle dink dis ’n modestelling (is belaglik). Lees ook: 22-jarige vertel roerend van haar tien jaar stryd teen anoreksie "Daar is oorlewendes van anoreksie/bulimie . . . wat geminag sal word deur dit wat jy plaas, want eetsteurings IS NIE MODESTELLINGS OF DIE JONGSTE NEIGINGS NIE! Kry asseblief hulp!”

Die vlogger het ná die geweldige teenreaksie haar Twitter-rekening ingespan om die kommentaar te takel.

"Ek is werklik jammer teenoor die mense wat my van YouTube wil verbied; ek probeer werklikwaar nie om iets verkeerds te doen nie,” het sy Donderdag getwiet.

“Ek dink dis eenvoudig nie reg om te probeer om mense van YouTube verbied te kry tensy hulle iets baie slegs gedoen het nie:/.”

Sy het die neerhalende aanmerkings ook op haar YouTube-kanaal aangepak. Lees ook: Anoreksielyer se hartverskeurende pleidooi op video "Ernstig nou, dit gaan beslis goed met my; ek is beslis nie dood nie en gaan ook nie (binnekort) sterf nie . . . moet julle nie bekommer nie. Ek leef; ek is oukei,” het sy in ’n nuwe video gesê. "Nietemin, die situasie was nogal ontstellend. Ek voel oukei, want ek is gewoond aan haatspraak op die internet,” het sy verklaar. “By die aanskoue van ’n klomp afkeer voel ek werklik net dit gaan niemand goed laat voel nie.”

A photo posted by Eugenia Cooney (@eugeniacooney) on