Selfs al skrik jy nie maklik vir hoogtes nie, gaan hierdie video jou beslis na jou asem laat snak!

Wat vang waaghalse aan as hulle ‘n bietjie groter adrenalien-hupstoot soek? Hulle gooi hulself van die wêreld se tweede hoogste residensiële gebou af. Soos hierdie 558 avontuurlustiges wat besluit het om BASE-spronge van die Princess Tower af in Doebai te doen.

Beeldmateriaal van GoPro-kameras wys hoe hulle boonop ongelooflike toertjies uitvoer terwyl hulle hulself oor die randjie van die gebou gooi. Hou in gedagte – die gebou is 415 meter hoog! Maar laat ons nie jou kykgenot bederf nie – sit terug, gordel vas en geniet die malligheid.

Terloops, die video is al meer as 350 000 keer in net 24 uur gekyk nadat dit op YouTube gelaai is.

Kyk hier na die video: