Karlien van Jaarsveld verwag ’n tweeling! 

Die Afrikaanse sangeres het dit vanoggend op Twitter bevestig en gesê: “Dankie vir almal se seënwense vir ons twee babatjies. Dis ’n wonderlike voorreg ek bid God se beskerming oor hulle.”

Ná haar besoek aan die ginekoloog Dinsdag het sy getwiet: “Die sonar was WONDERLIK WONDERLIK AMAZING AMAZING.”

Karlien is vroeër vanjaar met die rugbyster Derick Hougaard getroud.

Baie geluk, julle! Ons is saam opgewonde en kan nie wag om die tweetjies te ontmoet nie!

Besoek ook:

Derick en Karlien se groot nuus

Foto's van Derick en Karlien