Die Work-sangeres Ciara het bevestig sy verwag haar en haar man, Russell Wilson, se eersteling. Die sangeres het die gelukkige nuus Dinsdag met haar 31ste verjaardag op Instagram gedeel.

Sy het by ’n swart-wit foto van haar en Russell geskryf: “Op hierdie spesiale verjaardag het ek ’n oorvloed liefde van vriende en familie gekry en ek’s opgewonde om eindelik een van die grootste geskenke wat God jou kan gee met julle te deel . . .”

Sy het die boodskap afgesluit met verskeie baba-verwante emoji’s. Die sangeres het mense die afgelope paar weke aan die raai gehad toe sy met lospassende klere gewaar is – heeltemal anders as die noupassende uitrustings wat sy gewoonlik dra. Lees ook: Dié sewe bekende paartjies deel almal een tragiese ervaring Drie jaar gelede het Ciara dieselfde gedoen toe sy swanger was met haar en die rapper Future se seun, Future Zahir.

A photo posted by Ciara (@ciara) on

Sy en Future was verloof. Sy het toe haar babanuus eers drie maande later, in Januarie 2014, bevestig. Ciara en Russell was openlik oor hul begeerte om hul gesin uit te brei, maar die Seattle Seahawks-voetbalspeler het in Julie gesê daar is geen haas nie.

A photo posted by Ciara (@ciara) on

“Ek wil beslis eendag kinders hê,” het hy aan E! News gesê.

“Sy wil ook en hopelik, as dit God se wil is en solank hulle gesond is, is dit waarvoor ons bid, ongeag of dit ’n seun of dogter is. Op die oomblik maak sy musiek; ek doen sport en bied programme aan. Ons is nogal bedrywig.”

Cover Media