Sondag is daar dubbele rede vir vreugde vir Bobby van Jaarsveld. Nie net vier die gewilde sanger vandag sy 29ste verjaardag nie, maar môre (7 Maart) kry hy die grootste geskenk waarvoor ’n pappa kan vra. Hy en sy vrou, Annatjie, se eerste dogtertjie sal dan na verwagting haar opwagting maak. Hulle is reeds die trotse ouers van twee seuntjies, Sion (4) en Leben (3).

Bobby en Annatjie het al op hul prinses se naam besluit, maar gaan dit eers met haar geboorte bekendmaak. Nes met hul seuntjies se name, het hulle die Here vertrou om vir hulle die regte naam te gee. Kliek hier om uit te vind hoe Bobby en Annatjie destyds op Sion se naam besluit het.
Bobby is verlede maand geopereer om poliepe van sy stembande te verwyder en het onlangs weer geleidelik begin praat. Hy het vroeër die week in sosiale media ’n foto gedeel van Leben wat oor Annatjie se maag loer en geskryf: “Kan nie glo dis nog net een week voor ons dogtertjie kom nie! Alles is al reg vir haar. Ek kan nie wag nie! Ek gaan my stem rus sodat ons baie kan chat wanneer sy kom; vroue wil mos baie gesels. Sy gaan hierdie huis van ons oorneem en ek sal dit toelaat.”

Baie geluk met jou verjaardag, Bobby, en beste wense vir julle dogtertjie se geboorte!

– Marisa Fockema

Lees ook op Huisgenoot.com

Gedink daar’s net ooievaarstees? Watwou! Bobby hou ’n doekedinee

'n Pragvideo van Bobby en Annatjie se troue

Is Katy Perry eintlik die vermoorde sesjarige skoonheidskoningin JonBenét Ramsey?

Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het