As Pasella-aanbieder en voormalige Mej. Suid-Afrika is Melinda Bam se paspoort al propvol stempelafdrukke.

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

En nou het haar man, die voormalige Mnr. Suid-Afrika Adriaan Bergh, haar weer verras met ’n wegbreek na die juweel van die Indiese Oseaan: Mauritius met sy son, see en wit strande. Dit is sommer om hul albei se verjaardae te vier, het die paartjie kort voor hul vertrek op 19 Mei vertel. Melinda het op 13 Mei 27 jaar oud geword op en Adriaan het op 22 Mei sy 29ste gevier.

A photo posted by melindabam (@melindabam) on
Hulle het al gereeld saam gereis, onder meer twee keer na Amerika en vir hul wittebrood in 2014 na die Maledive en Thailand. En verlede jaar het die pragpaartjie hul eerste huweliksherdenking in ’n kasteel op die Duitse dorpie Kronberg im Taunus gevier. “Baie paartjies begin hul huwelik en verval dadelik ná die wittebrood in roetine,” het Melinda verlede jaar in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel. “Ons wil eers tyd saam deurbring en die wêreld verken. Dis belangrik dat ’n mens lekker dinge saam doen en nie wag tot jy eendag oud is nie.”

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Die duifies het duidelik nou pret in die son. Die foto’s wat hulle deel roep romantiese beelde op van son, wit strande, grassambrele, blougroen water en wuiwende palmbome. En oe-la-la, met daardie gespierde en bruingebrande lyf is Melinda die toonbeeld van sexy. Sy het op Instagram liries geraak oor hoe die liefde tussen haar en manlief blom.

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

“Jy het die ongelooflike vermoë om my oor en oor op jou verlief te maak,” het sy geskryf by ’n foto waar hulle, omring deur palmbome, vir mekaar koer.

Adriaan het ook op sosiale media geskryf hoe hulle in die paradysprentjie se stil bekoring in die son ontspan, na die Amerikaanse sanger Jack Johnson se akoestiese musiek luister, oor die toekoms droom en die lewe rustig vat.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!