Ons dink: 4/5

Hy het onlangs sy 70ste verjaardag ge­vier, maar die legendariese sanger Cliff Richard maak steeds pragtige musiek, soos die dubbele CD bewys wat hy pas uitgereik het.

Dit is ’n versameling swing- en jazz-leenliedjies.

Met die begeleiding van ’n swing-orkes van Nashville vang die Summer Holiday-sanger die musiek van die swing-era meesterlike vas.