Ons dink: 5/5

Sy vertonings in Suid-Afrika was weke voor die tyd uitverkoop en nou kan jy sien hoekom!

Die eerste CD bevat dokumentêre beeldmateriaal en die eintlike hoogtepunt is die tweede CD, die konsert saam met gunstelinge soos die Platin Tenors en die plaaslike sopraan Kimmy Skota.

André wissel liedjies soos Ave Maria, Radetzky March, Michael Jackson se Heal the World en African Dream af met onderhoude met mense agter die skerms en aanhangers.

’n Versamelstuk!