“Dinge het baie vinnig gebeur,” vertel Sean (37), deesdae die medeeienaar van ’n rolprentateljee in Kaapstad.

Binne twee maande het hulle getrou, wittebrood gehou, die ateljee gekoop, huis gesoek en Sean se ouers oorreed om saam met hulle uit Pretoria Kaap toe te trek. Carla (24) se ouers het ook van Port Elizabeth hierheen verhuis.

Sean het klaar sy hart op die Kaapse berge en Houtbaai se perde verloor. Wanneer hy soggens kuslangs werk toe ry, verkyk hy hom so aan die uitsig dat hy net mooi moet sorg dat die motor op die pad bly.

Carla doen deesdae grimering op die stel van die televisieprogram Hectic 99 en sy het pas haar eerste TV-rol losgeslaan in die reeks Getroud met Rugby.

Chrizane van Zyl het by die nuwe Kapenaars gaan inloer. Lees meer hieroor in die Huisgenoot, 12 April 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.