, maar dié getal is steeds minder as 10% van die park se totale diere.

Isaac Phaahla, woordvoerder van Suid-Afrika se Nasionale Parke, sê daar is nie genoeg weiding vir die diere in hierdie beskermde gebied nie weens die min reën die afgelope jaar. Die uitdunning van diere is om hul lyding te verminder. “Ons wil nie hê diere moet van die honger vrek en op die grond lê en verrot nie.”

Genoeg water is egter beskikbaar. Die park ervaar ook sy grootste getalle seekoeie en buffels ooit – onderskeidelik 8 000 en 47 000. Isaac sê die groot getalle seekoeie is omdat daar geen natuurlike roofdier is om hul getalle in toom te hou nie. “Die sterkste diere oorleef en die swakstes kom om,” sê Phaahla. Hy voorspel nog baie vrektes weens die droogte. Die besluit om die diere uit te dun is om die impak van die droogte op die park se groter dierebevolking te verminder. Isaac sê die grasvreters ly gewoonlik die meeste. Hy sê seekoeie het 'n habitat gevind by 'n mensgemaakte dam in die park. “Maar 'n paar jaar gelede is die besluit geneem om dié damme toe te gooi en die seekoeie drink nou uit die natuurlike waterbronne.”

'n Probleem is egter dat seekoeie nou ook in die gebied mis, wat die water besoedel en tot ander dierevrektes ly. Dit is die eerste keer dat die park diere sal “verwyder”.

“Ons wil nie die vermindering volstoom aanpak nie, ons neem die stap om te kyk wat gebeur en nie om noodwendig net die getalle te verminder nie."

Sodra toestemming van die staatsveearts bekom word, sal die proses begin.

Vleis van die diere sal óf as vleis óf as biltong aan behoeftige gemeenskappe in die omgewing van die park versprei word.

“Dit sal ook gebruik word om genetiese toestande te evalueer.”

Die droogte in die vroeë negentigs het die buffelbevolking in die Kruger Nasionale Park met meer as die helfte tot net 14 000 uitgewis, maar die bevolking het herstel. Die seekoeipopulasie het destyds tot sowat 2 000 uitgedun, maar het intussen vervierdubbel.

Des van Rooyen, 'n plaaslike regeringsminister en voorsitter van 'n inter-ministeriële droogtetaakspan, het verlede week gesê laer as normale reënval en min verligting word in die komende maande verwag.