Thomas Mucha (26) het aan boord van die vliegtuig bier en wodka weggeslaan om sy senuwees te laat bedaar. Die vlug vanaf Krakow, Pole, na Dublin in Ierland was die eerste vlug van sy lewe.

Thomas was glo op soek na die badkamer en het toe die Boeing 737 se deur probeer oopmaak. Hy het die handvatsel gelig, maar kon nie die deur oopstoot nie omdat die lugdruk dit geseël het.

Toe die vliegtuigpersoneel besef wat hy probeer doen, het hulle hom dadelik gekeer en hom na sy sitplek vergesel. Thomas is in hegtenis geneem toe die vliegtuig in Ierland land. Hy moet nou ’n boete van R3 500 betaal.

Bronne: Daily Mail, The Telegraph, The Mirror