Jacqueline Eide (33) en haar vriendin het glo vroeg Sondagoggend ná ’n laatnagkabaal op Halloween besluit dis ’n goeie idee om by ’n dieretuin in te sluip.

Beide was sterk onder die invloed van alkohol toe hulle in die vroeë-oggendure by die Henry Doorly-dieretuin in Omaha ingebreek het.

Jacqueline het besluit dis ’n goeie idee om ’n tier te troetel. Sy het waarskynlik gedink dis veilig omdat die tier in ’n hok was. Maar sy het haar geheel en al misgis met tier se kind toe sy haar hand deur hok se reëlings gesteek het. Dis net daar wat die tier genoeg van hulle manewales gehad het en het Jacqueline aan die hand gebyt.

Verskeie vingers aan haar linkerhand is erg geskend. Die polisie is kort daarna ontbied en het Jacqueline buite haarself in die dieretuin aangetref. Sy het al die skuld op die tier gepak.

Die betrokke tier, die agtienjarige Mai, het net drie bene. Die dieretuin het nie verskonings vir Mai se optrede gemaak nie, en eerder bevestig die welstand van hul diere is van uiterse belang en dat Jacqueline onwettig toegang tot die park verkry het.

Die veiligheid van hul gaste kan net verseker word as die gaste wettige toegang het.

Intussen sterk Jacqueline in ’n plaaslike hospitaal aan en staar ’n klag van oortreding in die gesig.

Haar toestand is stabiel.

Bronne: ABC News; NY Daily News