[caption id="attachment_125356" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Flickr Foto ter illustrasie: Flickr[/caption]

Tydens optredes die naweek het hulle 18 motoriste vir roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die Citi Golf-bestuurder het die aandag getrek van ’n beampte wat aan die spookpatrollie verbonde is en is eindelik op die ou Strandfonteinpad naby Pelican-park aangekeer.

Lees ook: Stamselbehandeling bring hoop vir parapleeg twee jaar ná erge motorongeluk

“Die beampte was geskok om te sien 10 mense in die voertuig ingedruk. Toe die bestuuder se bloedalkoholvlak gemeet word, is bevind dit is vier keer hoër as die wettige perk,” lui die verklaring.

Die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê dit is die soort “idiotiese gedrag” waarmee beamptes gereeld te doen kry.

Lees ook: Kyk die wonderlike oomblik toe blinde vrou ná 21 jaar weer kan sien

“Nog verstommender is hoe die nege pasassiers in die motor hoegenaamd toegelaat het dat hulle hulle in die situasie bevind. Dis ’n jammerte die wet stel ons nie in staat om hulle in hegtenis te neem vir aandadigheid daaraan dat ’n duidelik dronk bestuurder agter die stuur inklim nie,” sê JP.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: So dien, beskerm . . . en dans polisielede wêreldwyd!

Sharon skop glo vir Ozzy uit ná huwelik van 34 jaar

Kyk: Volg hier regstreeks hoe die planeet Mercurius die son verbysteek

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag