Renaud Prudhomme (56) het in Oktober verlede jaar die kroeg Starter in die sentraal-Franse stad Clermont-Ferrand se sopierekord verbeter.
Renaud Prudhomme (56) het in Oktober verlede jaar die kroeg Starter in die sentraal-Franse stad Clermont-Ferrand se sopierekord verbeter.

Hy het die aand saam met sy dogter en ’n paar vriende deurgebring, waarna hulle hom in ’n beskonke toestand huis toe geneem het. Hulle moes egter kort daarna die nooddienste bel.

Renaud, ’n groot man wat sowat 120 kg geweeg het, is die volgende dag in die hospitaal oorlede.

Die kroegman Gilles Crepin (47) het in sy verhoor beken dit was “ ’n fout” om die sopierekord op ’n kennisgewingbord te vertoon aangesien dit die slagoffer aangemoedig het om te ver te gaan.

’n Plaaslike hof het hom Woensdag ’n opgeskorte vonnis van vier maande gevangenisstraf opgelê en hy mag vir die volgende jaar nie in ’n kroeg werk nie.

Volgens sy prokureur gaan hy teen die vonnis appelleer.