Die wêreld se eerste drinkbare sonbrandroom is bekendgestel.

Harmonised H20 UV gee blykbaar aan die drinkers daarvan ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van 30, dus kan vakansiegangers en dié wat hou van sonbruin word die son geniet sonder dat hulle gedurig room moet aanwend.

Sodra die vloeistof gedrink is, vibreer dit na bewering op die vel en kanselleer byna al die son se UVA- en UVB-strale, volgens sy ouerhandelsmerk, Osmosis Skincare.

Daar is twee soorte beskikbaar: een vir dié wat volkome beskerming van die son wil hê, en een vir dié wat wil bruin brand maar hulself steeds van sonbrand wil beskerm.

harmonised