Hopalong, soos hy sedertdien gedoop is, het dalk ’n moeilike begin gehad, maar die ses weke oue hondjie glo hy is een van die manne.

Lees ook: Babadolfyn dood ná skare selfies by hom neem

Samantha Berger, stigter en direkteur van Kitty and Puppy Haven, sê twee weke nadat hy op 8 Februarie na die organisasie se kantore in Midrand gebring is, het sy toestand sommer baie verbeter.

Dit wou voorkom of iemand een van sy agterpote onder die knie geamputeer het deur ’n elastiese band te gebruik om sirkulasie af te sny. Die ander een was nog vasgemaak toe hy ingebring is.

 hop2

“Maar ons doen alles in ons vermoë om sy ander agterpoot te red,” het Samantha Donderdag gesê. “Ons was verlede week bekommerd omdat hy geen sensasie kon voel nie, maar hy sal binnekort begin met hidroterapie asook fisioterapie.”

Hopalong word met antibiotika en ’n goeie dieet behandel en die voorsitter van die organisasie vertroetel hom.

“Hy het baie goed aangepas. Hy’s nie bang nie, hardloop vrylik rond en dit lyk nie of hy besef hy het nie al vier sy pote nie.”

Maar dis ’n heel ander storie wanneer hy ’n draai moet loop.

“Omdat hy nie besef daar is iets fout nie, beland hy plat op sy maag wanneer hy urineer en ontlas omdat hy nie sy balans kan hou nie. Sy been laat hom val.”

hop3

Hy weier egter om lank te bly lê. Die outjie, wat nog net 15 cm lank is, is omtrent lewenslustig en bedrywig.

Hy raak groter en sterker, en wanneer hy gereed is, sal ons hom laat aanneem. Daar wag nog ’n lang pad op hom, maar ons is vol hoop,” sê Samantha.

Bron: News24

Foto's: Verskaf

Ander stories op Huisgenoot.com

Man se liefdestaak om sy vrou weer te sien glimlag

Seekoei maak man dood op Valentynsdag

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?