Cheese_Omellette

(Genoeg vir 1-2 mense)

Jou benodigdhede:

  • 15 ml (1 e) botter
  • mengsel van vars kruie soos pietersielie, basilie en salie
  • sout en peper na smaak
  • 4 groot eiers
  • helfte van ’n wiel fetakaas; gekrummel
  • 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
  • knippie parmesankaas
  • klein bossie grasuie, gekap

Smelt die botter in ’n kleefwerende pan en roer die kruie by. Klits die eiers in ’n aparte bak en geur goed. Giet die eiers in die pan en gebruik ’n rubber-roerspaan om telkens die buiterande van die eier na die middel te trek tot al die vloeistof geabsorbeer en die omelet ’n mooi kleur het. Voeg die kaas by, vou een derde van die omelet oor en vou dan die ander derde oor. Verwyder van die hitte en bedek tot die kaas gesmelt het en deurwarm is. Sit op ’n bord en sprinkel die grasuie oor. Geur weer en sit voor saam met vars vrugte en warm roosterbrood.

- Resep deur Cakebread

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.