Net die slimste 2 persent van die wêreldbevolking kan deel word van dié eksklusiewe vereniging. Alexis Martin, wat ’n IK van 160 het, is nou een van 3 300 Amerikaners onder 18 wat tot Mensa behoort.

Alexis lees reeds op die vlak van ’n 11-jarige en het haarself Spaans leer praat met behulp haar pa se iPad. Haar ouers het kleintyd al besef sy is besonder begaafd.

“Sy het haar slaaptydstories woordeliks onthou,” sê haar pa, Ian. “Sodra sy ’n nuwe woord leer, onthou sy dit en gebruik dit nooit in die verkeerde verband nie.”

Alexis toon haar talent in ’n televisieonderhoud: Sy kan elke vasteland uitken en noem verskeie Amerikaanse deelstate se hoofstad op asof dit ’n heerlike speletjie is.

Kyk die video hier:

Nou wonder ons: Is sy al van die doeke af?

Bronne: Reuters, The Gazette, YouTube