Die jongeling, Mason Martin (3), se ma, Lydia Macdonald (28), is vroeër vandeesweek skynbaar aan ’n asma-aanval oorlede.

Sy het in hul woonstel in Perth omgekom. Aanvanklik was niemand bewus van haar afsterwe nie en is arme Mason aan sy eie lot oorgelaat.

Teen Woensdagaand het iemand die polisie gebel omdat niemand Lydia vir ’n paar dae gesien het nie.

Haar ontstelde pa, Ron, het bevestig dat sy kleinseun vir ’n paar dae alleen saam sy ma se lyk in die woonstel vasgekeer was.

Mason se pa Bobby Martin is in 2012 aan ’n dwelmoordosis oorlede. Lydia het skynbaar nie gewerk nie en het voltyds na Mason omgesien.

Die kleuter se ouma en oupa gaan nou na hom kyk. Mason, wat tans aansterk in die hospitaal, is van sy ma se dood ingelig, maar Ron meen dit lyk nie of hy regtig verstaan wat aangaan nie.

Intussen gaan die polisie ’n geregtelike nadoodse ondersoek uitgevoer, al word geen misdaad vermoed nie.

Kennisse van Lydia sê sy was glo ’n “sieklike” mens.

Bronne: Mirror.co.uk; Eveningtelegraph.co.uk