Brielle is net 3 jaar oud en sy sê haar "klein brein onthou net alles".

Met haar verskyning op The Ellen Show het sy die gehoor, en vir Ellen, geheel en al bekoor.

Haar gunsteling-president is president Barack Obama want hy was president toe sy gebore is. Maar dis nie haar kennis van al die presidente en al die deelstate én hul hoofstede wat jou verstom gaan laat nie.

Die oulike klein dogtertjie ken die hele periodetabel uit haar kop uit. Haar ma Carey sê sy het in April flitskaarte vir Brielle begin wys en vandag ken sy nie net die simbole nie, maar ook wat elkeen verteenwoordig.

Op Ellen se vraag of sy kan lees, sê sy 'n besliste nee, maar "ek klank woorde baie goed."

Sit terug en geniet Brielle se verstommende kennis.