Volgens die polisie wou die kind blykbaar ’n iPod uithaal, toe hy die gelaaide rewolwer in die hande kry.

Die koeël het eers sy pa in die boud getref en toe sy ma, wat agt maande swanger is, in die skouer.

Sy tweejarige sussie was ook by, maar sy is ongedeerd. Volgens verslae van die plaaslike media is die polisie van mening dat Saterdag se skietery ’n ongeluk was.

Die polisie sê die pa is behandel en ontslaan, terwyl die ma in die hospitaal opgeneem is. Sy is in ’n stabiele toestand. Daar sal ondersoek ingestel word na die saak en hulle kan moontlik van nalatigheid aangekla word. Volgens die polisie is die kinders in die sorg van kindersorgamptenare.

- Sapa