Volgens Amerikaanse-polisie het ’n driejarige seuntjie ‘n vuurwapen in ’n huis gevat, dit het afgegaan en ’n eenjarige seuntjie is in die kop doodgeskiet. Die wapen was nie toegesluit nie.

Volgens Cleveland.com is die een-jarige na die skietvoorval hospitaal toe geneem en dood verklaar.

Cleveland se polisiehoof, Calvin Williams, het Sondagmiddag na die skietery aan verslaggewers buite die huis gesê dat ondersoekbeamptes probeer vasstel waar die vuurwapen vandaan kom.

Die volledige besonderhede oor die skietery aan die stad se oostekant is nie vrygelaat nie, maar Calvin sê dat daar ten minste een volwassene by die huis was toe dit gebeur. “Dit is ’n hartseer dag vir Cleveland,” het hy aan verslaggewers gesê.

'Dit is ’n hartseer dag vir Cleveland,' het hy aan verslaggewers gesê.

“Hierdie fassinering wat ons met handwapens het, nie net in hierdie stad nie maar in hierdie land, moet stop. Hierdie is ’n sinnelose verlies van lewe.”

Volgens bure het die eenjarige se ma aan’t gil gegaan nadat sy uitgevind het haar seun is dood. Hulle sê die ma bly in die huis met ten minste drie ander jong kinders.