“As die ma vanaf die oomblik van bevrugting gesond eet, kan ons ’n gesonder generasie hê,” het Tim gesê.

Dit was sy bevinding in sy boek Raising Superhoes wat fokus op kindervoeding.

Die wetenskap bewys duidelik dat die fetus behoorlik gevoed moet word, sê die professor in oefenwetenskap en sportmedisyne. Die publiek se mislukking om dit te doen, het ’n skadelike invloed op kinders.

“Die jongste diabete is nou drie jaar oud. Ons moet terugkeer na hoe ons geëet het voor die bedryf verwerkte kosse aan ons begin verkoop het.” Tim, wie se boek The Real Meal Revolution ’n laekoolhidraat-, hoëvetdieet (LCHF) voorstaan, is voor die Raad van Gesondheidsberoepe gedaag nadat ’n klag teen hom ingedien is deur die voormalige president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika, Claire Julsing-Strydom. Lees ook: Tim Noakes ondersoek oor “Banting”-twiet Die klag het gevolg op ’n twiet wat Noakes aan ’n ene Pippa Leenstra gerig het nadat sy hom om raad oor babavoeding en borsvoeding gevra het.

Sy het getwiet: “@ProfTimNoakes @SalCreed is dit in die haak vir borsvoedende ma’s om ’n laekoolhidraat-, hoëvetdieet te volg? Ek’s bekommerd oor al die suiwel en blomkool wat dalk winde vir babas kan veroorsaak?”

Tim het haar aangeraai om haar kind gewoond te maak aan die kosse wat in hierdie dieet aanbeveel word en dit as “regte” kos beskryf.

“Baba eet nie die suiwel en blomkool nie. Hy kry net baie gesonde hoëvet borsmelk in. Die geheim is om die baba stadig aan LCHF bekend te stel.”

Hy word daarvan beskuldig dat hy onkonvensionele en onwetenskaplike raad gegee en onprofessionele opgetree het omdat hy dié advies in die sosiale media gegee het.

Tim sê egter sy raad is allesbehalwe onkonvensioneel en het navorsing van sover terug as die 1800’s aangehaal voor die styging in vetsugkoerse.

Lees ook: Moet jou kinders die Banting-paadjie volg?

Suiker moet uit ons diëte verwyder word, omdat die liggaam geen biologiese behoefte daaraan het nie, sê hy.

Hy’t verder gesê babas het die vet in borsmelk nodig vir breinontwikkeling.

“Die behoefte aan vet is so groot en as ons dit nie besef nie gaan ons generasies van kinders hê wie se brein aangetas is.”

Hy sê ook te min vet in ’n kind se dieet veroorsaak vetsug.

“Vetsug het gestyg soos wat nasies se vetinname verminder het. Proteïen is die oorsaak van gewig op ’n jong ouderdom optel.”

Die tugverhoor duur voort.

Bron: News24