Enige troudag is spesiaal, maar vir Hannelie (39) en Ben Prinsloo (30) van Lydenburg was 30 November ’n buitengewoon spesiale dag. Hannelie, ’n gastehuisbestuurder, se twee dogters, Letitia Very (18) en Laurinda Nel (21), het op dieselfde dag as hul ma die knoop deurgehak.

“Dit was ma en dogters se droom om saam gelukkig te wees,” vertel Ben, die eienaar van ’n motordienssentrum.

Letitia en Laurinda is albei ’n huisvrou en woon ook op Lydenburg. Letitia se man, Vivaldi, is ’n kontrakteur en Laurinda se Morné werk in veiligheid.

“Die grootste uitdaging was om al die reëlings by mekaar te sit sodat alles perfek kon uitwerk, en dit het!” sê Ben. Die hoogtepunt was toe Hannelie se pa eers sy twee kleindogters en toe vir Hannelie een-een by die kerk inbring.

“Ons sal enigiemand aanmoedig om ’n driedubbele troue te hou; dit was baie spesiaal!”

Suzaan Hauman

[post-slider]