Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het paramedici met hul aankoms twee van die drie vroue onder die bakkie aangetref. Die derde vrou het onder die vragmotor beland.

Al drie is op die toneel dood verklaar.

’n Man was in die vragmotor vasgekeer en die meganiese kake moes ingespan word om hom uit die wrak te bevry.

Die ander beseerdes is in die ander voertuie gevind. Een is in ’n kritieke toestand en is met die ER24 Oneplan-lugambulans na ’n hospitaal geneem.