Lt. kol. Andre Traut het Donderdagoggend gesê hulle sal in die Wynberg-landdroshof verskyn. Die drie mans, tussen 22 en 27 jaar, is Dinsdagaand in hegtenis geneem en vir ondervraging aangehou.

Franziska se pa, Florian Blöchliger, het aanvanklik gesê die mans sou Donderdagoggend in die hof verskyn. ’n Gebroke Florian het vertel hoe dit was om sy kind se ligaaam by die lykshuis Woensdag te sien.

Die 16-jarige Franziska is Maandag in die Tokaiwoud vermoor toe sy, haar ma, suster en die gesin se hond gaan draf het.

Die forensiese kenner David Klatzow is genader om te help met die ondersoek en die familie het ’n beloning van R100 000 aangebied om die skuldiges vas te trek.

“Ek is seker aan die manier hoe my dogter lyk dat hulle aaklige dinge aan haar gedoen het. En dit laat my dink hulle is nie die slimste nie, so kom ons hoop hulle word vasgetrek,” het ’n sigbaar gebroke Florian Donderdag in ’n onderhoud met News24Live gesê.

Die familie hoop om Vrydagaand begrafnis te hou as die tiener se liggaam betyds deur die lykshuis oorhandig word.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Liam Payne dolverlief op Cheryl Fernandez-Versini

Twee vissermanne sterf ná boot aan Weskus omslaan

Kate en Leo klets al te graag oor en weer