Toe paramedici om 19:15 by die the Randjesfontein-landgoed aankom, het hulle drie kritiek beseerde insittendes van die ligte vliegtuig gevind, het Max Cohen, woordvoerder van Emer-G-MED gesê.

“Hulle is ’n kort entjie vandaar gevind nadat inwoners van die landgoed hulle uit die brandende wrak gered het.” Volgens ooggetuies het die ligte vliegtuig neergestort kort nadat dit by ’n nabygeleë lughawe opgestyg het, het hy gesê. Die insittendes, die vlieënier, ’n student en ’n passassier, het ernstige derdegraadse brandwonde opgedoen en gevorderde lewensondersteuning benodig. ’n Traumadokter was op die toneel om hulle te help.

Die vlieënier, wat die ergste beseer is, is per helikopter hospitaal toe geneem. Die ander twee is op lewensondersteuning geplaas voor hulle na ’n nabye hospitaal geneem is, het Max gesê.

Chris Botha, ’n woordvoerder vir Netcare911, het gesê die vliegtuig het net voor 19:00 by die kruising van King Willow-singel en Java-weg neergestort.

Die oorsaak is nog onbekend.

Bron: News24