’n Familie is in rou gedompel nadat drie sussies Donderdagaand saam deur ’n weerligstraal doodgeslaan is.

Al drie sussies, onderskeidelik 7, 10 en 18 jaar oud, is op slag dood. Die voorval het in in Dutywa, sowat 35 km vanaf Butterworth in die Oos-Kaap plaasgevind.

Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, was die meisies saam in ’n rondawel toe die weerlig die struktuur tref. Die sussies se ouers was nie by die huis nie. Hul ouma was in ’n aparte huis was nie deur die weerlig getref is nie.

Volgens Jackson is die polisie besig met ’n geregtelike doodsondersoek. Die identiteit van die sussies word weerhou tot hul naasbestaandes daarvan in kennis gestel is.