“Dit is baie toevallig,” sê die paramedikus Xander Loubser van BestMed-ambulansdienste.

“Gewoonlik kry ons te doen met een of twee sterftes, gewoonlik ’n bejaarde of ’n voetganger. Maar hier het ons drie uitsonderlike gevalle gehad waar drie mense in dieselfde straat dood is.”

Al drie die sterftes was in Schuurmanslaan.

Volgens Xander is een pasiënt aan kanker oorlede, die ander een het aan ’n hartaanval beswyk en die derde mens het emfiseem gehad.

“Nie een van die drie sterftes hou met ’n ander verband nie. Dit was blote toeval.”

Hy sê die drie was nie bure van mekaar nie; hulle het net in dieselfde straat gewoon.