Volgens ER24 het paramedici twee vroue en ’n man met noodlottige beserings in die voertuig aangetref, hulle is op die toneel dood verklaar.

Foto: ER24

Nog ’n man, die enigste oorlewende passasier, moes deur die brandweer met reddingstoerusting uit die wrak bevry word.

Hy is later na die Tshepong-hospitaal geneem vir verdere sorg. 

Polisie was op die toneel en is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.