'n Sewejarige seun, asook twee ander beseerdes se toestand word as kritiek bestempel. Hulle is met lugambulanse na nabygele√ę hospitale vervoer. Die ander beseerdes het verskeie beserings opgedoen.

Met nooddienste se aankoms op die toneel, het die drie insittendes van 'n vervoerwa reeds aan hul beserings beswyk. Die drie voertuie wat in die ongeluk betrokke was, het die in die middel van die pad tot stilstand gekom. Die voertuie is almal erg beskadig in die voorval.

'n Vervoerwa, taxi en bakkie was by die botsing betrokke. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Bron: er24.co.za