Drie mense is dood en agt beseer toe ’n taxi Maandagaand van agter teen ’n stilstaande trok op die R21 suid van Boksburg aan die Oos-Rand gebots het.

Paramedici het om 18:22 op die toneel aangekom en verskeie mense was toe nog binne die taxi vasgekeer, het Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, in ’n verklaring gesê. Brandbestryders moes hulle uit die wrak sny.

Van die insittendes is met die impak uit die taxi geslinger. Die drie slagoffers het voor in die taxi gesit.

Bron: News24