Hul aankoms lui die dieretuin se nuwe generasie leeus in, wat in vyf jaar nog nie geteel het nie.

[caption id="attachment_82078" align="aligncenter" width="601"]Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo[/caption]

Agnes Maluleke, wat die bestuur van die groot katte by die dieretuin in die noorde van Johannesburg behartig, sê die nuwe toevoeging is opwindend.

[caption id="attachment_82077" align="aligncenter" width="600"]Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo[/caption]

Die witleeu-mannetjie Letaba en sy twee sussies Sabi en Jubba is in April op ’n privaat wildsplaas gebore. Hulle het in Julie by die dieretuin aangekom en is tot onlangs in afsondering versorg.

[caption id="attachment_82080" align="aligncenter" width="600"]Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo[/caption]

Letaba is al witleeu; ’n eienskap wat hy van sy ouers se resessiewe gene geërf het.

[caption id="attachment_82076" align="aligncenter" width="450"]Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo[/caption]

Die dieretuin sê hulle het sewe volwasse leeumannetjies wat almal hul natuurlike lewensverwagting oortref het.

[caption id="attachment_82079" align="aligncenter" width="597"]Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo Foto: https://www.facebook.com/JohannesburgZoo[/caption]

- Kirstin Buick en Sapa