, het die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Stilfontein, Noordwes, Donderdag gesê.

Die drie het Woensdag in die hof verskyn en het elk R2 500 borgtog ontvang, het insp. Suzette Kotzé van die vereniging vir die voorkoming van wreedheid teenoor diere gesê.

“Die hof het beveel dat hulle geen diere, hetsy lewend of dood, op hul perseel mag hê nie. Hulle mag selfs ook nie vleis in hul yskas, soos bevrore hoender, aanhou nie,” het sy gesê.

“Hulle is beveel om drie maal per week by die polisiestasie aan te meld, en om hul paspoort in te dien.”

Die saak is tot 23 Julie uitgestel.

Suzette het verlede week op ’n oproep gereageer en by haar aankoms op die perseel het sy ontdek die drie het minute tevore die hond doodgemaak.

“ ’n Mediese verslag het getoon die hond het nog gelewe toe sy kop afgekap is,” het sy gesê.

“Die hond se kop is met ’n getande mes afgesny en dit is vir latere verbruik in hul yskas gesit. Toe ek daar kom, het hulle reeds stukke van die hond se vleis in ’n pot gesit.”

Die polisie is ontbied en die drie is vir dieremishandeling in hegtenis geneem.

Twee ander honde is deur die DBV van die perseel verwyder.

Volgens Suzette het die Nigeriese mans geglo die hondevleis kan siektes soos malaria voorkom.

“Hulle het ook geglo die hondevleis kan hulle beskerm teen aanvalle deur hekse of vergiftiging,” het sy gesê.