Die vliegtuig, wat van Waterkloof, Pretoria, vertrek het, het vyf mense aan boord gehad, insluitend twee vlieëniers, het brig. Selvy Mohlala gesê.

“Albei vlieëniers en een van die passasiers is op die toneel oorlede.”

Die beseerdes is per helikopter na die Mediclinic in Nelspruit geneem, het hy gesê.

Selvy sê luidens berigte het die vliegtuig tydens ’n opleidingsoefening neergestort.