Die kinders van vier, ses en 10 jaar oud se ouers het hulle in die motor gelaat toe hulle na ’n apteek is om medisyne vir die jongste te gaan haal, sê kol. Emelda Setlhako.

Die vierjarige is vroeër na ’n dokter gebring.

“Die ma is terug na die motor nadat sy vir die drie kinders sap gekoop het en het hulle binne gekry, maar hulle was baie swak,” het sy gesê.

Die kinders is na die Victoria-hospitaal gehaas en met hul aankoms dood verklaar.

“Die polisie voer ’n geregtelike doodsondersoek uit; geen misdaad word vermoed nie.

“Die polisie wil ’n streng waarskuwing aan alle ouers rig om te verseker dat hulle nie kinders sonder toesig in ’n toe motor los nie,” het Emelda gesê.