Net ’n week gelede nog het die Costigans van Australië die geboorte van baba Ayla gevier. Nou reël hulle haar ma, Tara Costigan (28), se begrafnis.

Tara, ’n beroepsversorger en ma van drie, se lyk is Saterdag in die waskamer in haar woonstel aangetref. ’n Byl is daar naby gevind, en die polisie vermoed Tara was die slagoffer huishoudelike geweld. Marcus Ruppel, haar voormalige lewensmaat, word aangekla van die moord. Tara het ook twee seuns, Rhily (11) en Drew (9). Net ’n dag voor die voorval het Tara by die hof aansoek gedoen om ’n beskermingsbevel teen Ruppel. Die Canberra Times berig Ruppel het vermoedelik gedwonge toegang tot Tara se huis verkry, haar met ’n byl doodgekap, nog ’n vrou ernstige liggaamlike leed aangedoen en ’n ook man aangerand. Hy het Maandag voorgekom, maar nie om borgtog aansoek gedoen nie. Die saak is uitgestel tot 17 Maart.

Bronne: News.com.au, Canberra Time