Lt.kol. Shooz Magudulela, ’n polisiewoordvoerder, sê die provinsiale voertuigtaakspan het gereageer op ’n berig dat ’n goue Mercedes-Benz in Merebank gekaap is en het die net wyd gespan in hul soektog na die verdagtes. Shooz sê die reagerende beamptes is op ’n hoëspoed-jaagtog deur Merebank gelei en al met ’n snelweg langs in die rigting van die Bluff.

Lede van die taakspan het die voertuig opgemerk en agternagesit al langs die M4 Inkosi Albert Luthuli suidelike snelweg, Ou Suidkuspad en tot op Ranaweg. “Skote is op die polisie geskiet en die verdagtes het die lede van die pad af probeer dwing,” sê hy. “Die lede het teruggeskiet en die verdagtes het die voertuig laat bots. Die drie verdagtes, almal gewapen, het uit die voertuig geklim terwyl hulle steeds op die beamptes geskiet het.

“Al drie is doodgeskiet. Ons het beslag gelê op drie vuurwapens,” sê Shooz.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers