Bobby se vrou, Annatjie, het vroeër Maandag die lewe geskenk aan ’n babadogtertjie, Armani, en die Spieëltjie-sanger kon omtrent nie sy opgewondenheid vir die groot geleentheid wegsteek nie. Reeds vroegdag het Bobby in sosiale media begin koer oor die groot opwagting wat op hom en Annatjie wag. “Oor ’n uur is sy hier… #myeiedogtertjie” het hy vroeër getwiet.
>
Bobby, wat Sondag ook sy 29ste verjaarsdag gevier het, is reeds die trotse pa van twee seuntjies, Sion (4) en Leben (3). Wense van voorspoed het van heinde en verre ingestroom. Steve Hofmeyr het onder andere getwiet: “Geluk ou vriend. Ons beny julle.”
>
Steve het ook spesifiek aan Annatjie sterkte toegewens waarop Bobby heel skertsend geantwoord het: “Anna is sterk, sy is al ’n pro met dié storie!”

Die naam Armani is van Arabiese afkoms en beteken "wense en aspirasies".

Lees ook op Huisgenoot.com:

Is die vermiste MH370 naby die Kaap gevind?

Hulde aan voormalige presidentsvrou Nancy Reagan

Vrae oor die einde van Aardklop

Vrou vertel van haar ‘verlammende vrees’ vir werk

Dubbele vreugde vir Bobby van Jaarsveld op sy verjaarsdag