Vyf ander mense is beseer.

Luidens berigte het ’n vragmotor die kant van ’n bakkie getref. Al die insittendes is glo weens die slag uit die bakkie geslinger.

ER24-paramedici het die bakkie in die middel van 'n eiland aangetref en die trok sowat 200 m verder.

Die bakkie het verskeie kere gerol het voor dit tot stilstand gekom het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê plaaslike owerhede het die pad gesluit terwyl paramedici die pasiënte gehelp het.

“By nadere ondersoek het paramedici die liggame van drie vroue gevind. Dit het ’n entjie verder van die bakkie af gelê. Hulle het reeds aan hul wonde beswyk; niks kon vir hulle gedoen word nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Russel is nog vyf ander pasiënte, onder wie ’n sewejarige seun, ondersoek. Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen.

“Daar word beweer die vragmotor het teen die kant van die bakkie vasgery. Die bakkie het omgeslaan en die insittendes is uitgeslinger. Plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek,” het Russel gesê.