Sewe ander mense is beseer.

Paramedici het omstreeks 15:30 by die toneel opgedaag en ’n BMW en minibus-taxi op ’n wal gekry.

Verskeie insittendes van die minibus-taxi het buite gelê. ’n Kleuter wat glo twee jaar oud is, het ook matige beserings opgedoen. 

Luidens ’n verklaring het paramedici twee mense met noodlottige beserings naby die minibus-taxi gevind, maar kon ongelukkig niks vir hulle doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar. 

’n Passasier van die BMW het ook noodlottige beserings opgedoen. 

Die ander pasiënte is na verskeie hospitale vervoer vir verdere behandeling. 

Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.