'n Chaos het geheers toe 'n pendeltrein die historiese treinstasie Hoboken in New Jersey tydens spitstyd net voor 09:00 Donderdagoggend tref .

Luidens berigte was dit asof die voorste wa van die trein oor die spoor "gespring" het voor die trein op volle spoed teen die platform vasgeploeg het.
Meer as 100 mense is beseer en onbevestigde berigte dui daarop dat minstens drie mense gesterf het.
Verwronge staal, glasstukke en verdwaasde pendelaars vertel die storie van daardie skrikwekkende oomblik toe alles skeefgeloop het.
So het een van die passasiers die ramp ervaar.
In hierdie stadium word geen terreurdaad of doelbewuste optrede as die oorsaak van die ongeluk beskou nie.
Talle passasiers is ook luidens berigte nog binne die waens vasgekeer.
A photo posted by toasted_ice (@toasted_ice) on

A photo posted by payschaud (@payschaud) on

Bronne: reuters.com, mediaite.com, yahoo.com, cbsnews.com