Drie debuutproduksies by die 20ste Absa KKNK is voor in die koor met Kanna-nominasies in verskeie kategorieë. Dogma, Rondomskrik en Samsa-masjien het elk ses nominasies ontvang.

Twee van die regisseurs, Christiaan Olwagen (Dogma) en Jaco Bouwer (Samsa-masjien), kry ook vanjaar erkenning met die Absa KKNK se Afrikaans Onbeperk-vererings.

Twee jong akteurs in Braai, Dean-John Smith en Edwin van der Walt, is benoem vir die Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar. Braai, geskryf deur die joernalis Willemien Brümmer, is die eerste wenteks van Die Dagbreek Trust-teksontwikkelingsprojek.

Die Kannapaneel het vanjaar meer as 100 produksies, wat oor die 50 debute insluit, beoordeel. “Die paneel se ywer, kundigheid en entoesiasme tydens ons oggendvergaderings se driftige besprekings was merkwaardig,” sê Erns Grundling, sameroeper van dié paneel. “Hulle het gemiddeld meer as 30 vertonings elk tydens die week gekyk en ná deeglike besinning op die uiteindelike nominasies besluit.”

Al die produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna en vanjaar is daar benoemings in elf kategorieë – die Kanna vir Beste Komedie is ’n nuwe kategorie.

Die wenners word op Sondag, 11 Mei aangekondig in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Owen Claassen, ’n plaaslike Klein-Karoo-kunstenaar, maak weer vanjaar die wenners se beeldjies. Die Kannapaneel het besluit op die volgende nominasies vir die “Klein Karoo Oscars”:

Kanna vir Beste Teater-aanbieding

Dogma

Rondomskrik

Samsa-masjien

Kanna vir Beste Komedie

Die lelike eend

The Epicene Butcher

Waterpas

Kanna vir Beste Akteur

Albert Pretorius – Dogma

Gerben Kampen – Samsa-masjien

Richard September – Rondomskrik

Kanna vir Beste Aktrise

Anna-Mart van der Merwe – macbeth.slapeloos

Antoinette Kellerman – Samsa-masjien

Rolanda Marais – Dogma

Kanna vir Beste Musiekproduksie

Arno en Francois

Finding Emo

Hart en see – Laurika Rauch en Elvis Blue

Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering

7 dae van die Skepping

Homage – ’n Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste

Kanna vir Beste Regie

Christiaan Olwagen – Dogma

Hennie van Greunen – Rondomskrik

Jaco Bouwer – Samsa-masjien

Kanna vir Beste Debuutwerk

Dogma

Rondomskrik

Samsa-masjien

Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar

Dean-John Smith vir sy spel in Braai

Edwin van der Walt vir sy spel in Braai

Richard September vir sy spel in Rondomskrik

Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk

Dogma

Rondomskrik

Samsa-masjien

Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding

Hannelie Taute - Rubber ever after

Phillemon Hlungwani - Mi Kondzo Ya Tinghwazi (In the footsteps of heroes)

Michael Hammond - Orania

Eervolle vermeldings:

Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar ’n eervolle vermelding vir die puik ensemble-spel van die akteurs in Dogma en Rondomskrik.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), Abduraghmaan Adams, David April, Charl Bezuidenhout, Ronnie Burton, Diane de Beer, Chrisna du Preez, Cornelia Faasen, Deon Maas, Laetitia Pople, Louis Pretorius, John Theodore, Cobus van Bosch, Johan van der Merwe, Naudé van der Merwe en Celeste Williams.