Drew Barrymore is nou ’n ma van twee.

Die 39-jarige aktrise en haar 36-jarige man, Will Kopelman, het hul tweede dogter verwelkom.

Drew se verteenwoordiger, Chris Miller, het bevestig Frankie Barrymore Kopelman is Dinsdag gebore.

Drew en Will se eerste dogter, Olive, is 19 maande oud.

Die egpaar sê in ’n verklaring “Olive het ’n nuwe kleinsus en almal is gesond en gelukkig!”

Drew het vroeër vandeesmaand aan The Associated Press gesê ouer wees is die beste ding wat sy nog in haar lewe gedoen het.

Drew se nuwe rolprent is die gesinsvriendelike komedie Blended. Dit word op 23 Mei uitgereik en haar medester daarin is Adam Sandler.

Haar onlangse fotoboek, Find It in Everything, is aan haar dogter Olive opgedra. - Sapa