Verskeie bronne het aan Us Weekly bevestig dat die aktrise van die fliek 50 First Dates swanger is.

Die paartjie, wat in Junie 2012 getroud is, het reeds ’n 13 maande oue dogter, Olive. Dit het die afgelope ruk gegons dat Drew weer swanger is nadat sy ’n paar keer in lospassende uitrustings gewaar is. Die 38-jarige ster het die naweek ’n lang, lospassende rok na die LACMA Art+Film Gala gedra waar Martin Scorcese en David Hockney vereer is. Die rok het haar groeiende bababoepie weggesteek.

Drew het al gesê sy wil haar gesin uitbrei en vir Olive ’n boetie of sussie gee wat naby haar eie ouderdom is sodat sy nie eensaam voel nie. “Ek was al kind en dit was eensaam. Party mense hou daarvan en floreer op die onafhanklikheid daarvan, maar ek wil hê my kind moet tussen ander kinders wees.

“Dalk sal ons twee kinders hê sodat hulle saam deur die lewe kan gaan, en saam-saam hul oë vir hul ouers kan rol. Dit gaan beslis gebeur!”